27 April 2010
Leeus en Groot Katte
Vakansiedag... Mmmm! Eerste keer in `n lang tyd wat ons saam af het. Ons het lekker laat geslaap en is toe vanmiddag na `n leeuplaas buite Kroonstad. Dit was so cool!Ons het `n baba tiertjie en jaguar vasgehou, albei net 4 weke oud. Daar is baie hokke van verskillende groottes vir verskillende leeus, tiere en jaguars. Die diere is pragtig gesond en word ook gerehabiliteer vir die wild.
Dit was `n belewenis om soveel groot katte (rondom 80!) te sien en kyk hoe die jongeres speel en hoe die ouer diere se instink oorneem en jou half bekruip. Doen jouself `n guns as jy ooit in die area is en gaan besoek die Boskoppie Leeuplaas!

Behalwe dit alles het Ben vandag gehoor dat hy die Kanadese eksamen geslaag het, so ons planne vir Kanada is nou besig om in plek te val. As alles goed gaan behoort ons middel-Junie te vlieg en ons twee jaar kontrak daar te begin.
Subscribe to:
Comments (Atom)