16 August 2010

Kanada

Hallo almal!

Ons is veilig in Kanada! Ons het Vrydag 15:30 (local time) geland in Calgary waar Tannie Elzabé Cloete (ou familievriend) ons kom oplaai het. Ons was doodmoeg na die 3 vlugte: JHB na Kaapstad (2h), Kaapstad na Amsterdam (11h), Amsterdam na Calgary (9h) met 3 ure tussen elke vlug. As jou wiskunde nog werk, sal jy sien dat ons 22h op vliegtuie was, maar `n totaal van 28 ure besig was om te reis! In daardie tyd het en so 2h geslaap en Ben so 4h.

Ons het die aand by Tannie Elzabé en haar gesin oorgeslaap en die volgende dag het haar broer, Cobus, ons Westlock toe gevat wat so 4h se ry was.

In Westlock het Vicci Fourie (die "hoof"-dokter hier) ons ontvang en na ons woonstel geneem. Sy vrou het vir ons kombuisgerei, skoonmaakmiddels en kos gekoop wat ek net kon wegpak. Die woonstel is gemeubeleerd en kom standaard met `n yskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër!
Die woonstel is groot in SA-terme met 2 slaapkamers, 2 badkamers, waskamer, stoepie en oopplan kombuis, sitkamer en eetkamer. Ons sal bietjie later foto's oplaai sodat julle kan sien hoe dit hier lyk.

Vir nou is ons rustig en leer die plek ken. Ben gaan die einde van die week Edmonton toe vir sy onderhoud met die mediese raad waarna hy kan begin met sy 2 weke assessment in Athabasca, 20min se ry van hier af.

Vir julle inligting: Ons is op "Mountain Time" wat 8 ure na SA-tyd is.

Ons sal julle op hoogte hou soos die dae aanstap.

Lekker dag!

No comments:

Post a Comment